CHRISTA’S FLAT

Die heerlikste, spesiaalste kuier in ‘n vreeslike lang tyd!
Dit was fantasties! Rustig, privaat, gemaklik en pragtig. Stapafstand van die see af en jy kan die branders hoor van die flat af. Ons het so verskriklik lekker gekuier. Rustig en gemaklik geslaap en lekker op die strand gestap. Die kombuis het alles wat mens nodig het om lekker kos te maak en lekker te braai. Om eerlik te wees, ons wou nie die plekkie verlaat nie!